Dogters

SOMERSDRAG

WINTERSDRAG

Blou geruite skoolromp

Blou gestileerde skoolbloes

Swart strikdas met pêrelknopie

Knielengte swartkouse

Swart skoolskoene

Swart moulose skooltrui met skoolwapen

Blou skoolhemp

Swart strikdas met pêrelknopie

Blou geruite skoolromp of

Swart skoollangbroek

Swart broekiekouse

Swart skoolskoene

Swart langmou skooltrui met skoolwapen

Swart skoolbaadjie met skoolwapen

Boys

SUMMER SCHOOL WEAR

WINTER WEAR

Blue school shirt

School tie (optional)

Grey trousers

Grey socks

Black school shoes

Black school pullover with school badge

Blue school shirt

School tie

Grey trousers

Grey socks

Black school shoes

Black school jersey with school badge

Black school blazer with school badge

 

 

NB:    Geen jasse of oorbaadjies/windjakkers of musse word toegelaat nie.
Skooldrag slegs by SSSkooldrag beskibaar.

 


DOGTERS


Die onderstaande kleredragreëls geld te alle tye wanneer leerders in skooldrag geklee is, dus ook na skoolure.  Geen siviele klere of skoene mag in kombinasie met die skooldrag gedra word nie.
Somer
•    Blou gestileerde skoolhemp sonder wapen (elmboog moulengte) en strikdas met pêrel.  Strikdas mag nie los hang nie. Die skoolhemp mag nie onder die trui uitsteek nie. Die skoolhemp mag nie sonder ʼn strikdas gedra  word nie
•    Voorgeskrewe blou geruite romp.  (Lengte: 10 cm van die grond af wanneer op knieë gestaan word). Geen splete in romp.  Skoollangbroeke mag nie in die somer gedra word nie.  Rompe mag nie by die rek opgerol word nie.
•    Voorgeskrewe swart romp (slegs gr 12-dogters) dieselfde patroon as geruite skoolromp;  swart tetrex/mini mat/poliëster-materiaal. 
•    Swart kniekouse (bobby socks).
•    Slegs skool-goedgekeurde swart skoolskoene met bandjie oor voet of ‘n toerygskoen met plat hak. 
•    Toerygskoene mag slegs met veters vasgemaak word en veters moet netjies geknoop word. 
•    Skoene moet te alle tye skoon en gepoleer wees.
•    Geen modeskoene (platformskoene of “boots” nie)
•    Swart kleurbaadjie (blazer-tipe) met skoolwapen.  
•    Swart V-nek skooltrui met wapen of swart V-nek moulose trui met wapen. (Geen ander truie word toegelaat nie).
•    Truie mag nie om die heupe gebind word nie. Moue mag nie tot by elmboë opgestoot word, oor die hande getrek word of gate in hê nie.  Geen oorgroottruie nie.
•    ‘n Swart “ski-pant” mag onder rompe gedra word – geen “boxer-shorts” nie
•    Geen T-hemde/onderklere/ski-pants/JT hempies mag by die skooluniform uitsteek nie.

 

Winter
•    Geruite romp met lycra sykouse of swart skoollangbroek( beskikbaar  by Fertique)
•    Skoollangbroek: Swart langbroek met getailleerde pype. SLEGS BY FERTIQUE TE KOOP.  Geen rekmateriaal, “bellbottoms”, denims, “bootleg” broeke of “hipsters” nie. Blou gestileerde skoolhemp (elmboog-moulengte) en strikdas met pêrel.  Langmouhemde mag slegs geda word mits ‘n skooltrui of baadjie gedra word.
•    Swart sykouse en swart skoolskoene (geen platformskoene of “boots” is toelaatbaar nie).
•    Swart sokkies sonder prentjies of karakters daarop.
•    Skoolskoene of toerygskoene met plat hakke (soos by somersdrag)
•    Swart V-nek skooltrui met wapen en/of swart skoolbaadjie met skoolwapen. 
•    (NB: Geen ander soort baadjie, skoolsweetpakbaadjie of drimac mag by die skooldrag gedra word nie).
•    Slegs swart effekleur serpe en handskoene word toegelaat.
•    Geen “beanies” of musse word toegelaat nie.
•    Hemde mag nie onder truie uitsteek nie.

Hare, naels en juwele
•    Hare wat los gedra word, mag nie oor die onderste gedeelte van die omvoukraag van ‘n baadjie of hemp hang nie.
•    Geen oordadige, onnatuurlike, slordige  of kultuurvreemde haarstyle nie.
•    Indien hare vasgemaak word, mag geen slierte onder by die neklyn of langs die gesig, of oor die oë hang nie.  Slordige saambondeling is onaanvaarbaar.
•    Slegs swart/donkerblou haarbykomstighede,  bv. knippies of rekkies mag gebruik word.
•    Geen vreemde en gekleurde haarstukke of haarverlengings mag gedra  word nie. ( Sien onderstaande inligting oor „braids“ en „plaits“)
•    Geen blomme, strikkies of dekoratiewe knippies/rekkies word toegelaat nie
•    “Gel” mag gebruik word om hare te stileer(sonder punte) as dit korter as 5 cm is.
•    “Deurmekaar” gemaakte hare is onaanvaarbaar.
•    Hare mag nie gekleur of “gehighlight” word nie. Hare mag nie „terug gekleur“ word sonder toestemming nie. ʼn Demeriete as gevolg van hare wat gekleur is kan nie uitgekanselleer word nie.
•    Dogters se hare mag gevleg (”gebraid”) word, maar nie korter as die oorlob nie en indien dit langer is, moet dit vasgemaak word.
•    Slegs normale, dun vlegsels (“braids”) is toelaatbaar.
•    Geen “klossies” of “dreadlocks” word toegelaat nie.
•    Gevlegte hare wat nie aan die reëls voldoen nie, moet summier reggestel word.
•    Geen grimering is toelaatbaar saam met skooldrag nie. 
•    Geen juwele, behalwe die volgende, mag gedra word nie: horlosie en een paar goue of silwer oorkrabbertjies(studs sonder steentjies) of eenvoudige oorringetjies (nie groter as ‘n nuwe 10c-stuk nie) in die onderste gaatjie van die oor.  Geen gekleurde /dekoratiewe horlosiebande mag gedra word nie.
•    Slegs standaard mediese kentekens word toegelaat.  Die leerder moet ‘n mediese sertifikaat toon om die kenteken te regverdig en ‘n afskrif word in die vooglêer gehou.
•    Kleurlose naellak is toelaatbaar en naels mag nie verby vingerpunte steek
nie.
•    Graad 12-dogters mag met toestemming van die skoolhoof voor die matriekafskeid hulle naels binne perke begin groei. Die datum word deur die hoof bepaal.
•    Geen neus-, tong-, wenkbrou- en/of naeltjieringe (body piercing) asook
tatoeëermerke is toelaatbaar nie.
•    Seëlringe mag deur dogters slegs aan ring- of middelvinger gedra word.
•    Slegs lapelwapentjies wat deur die skool uitgereik/erken word, mag gedra word.

SEUNS

Die onderstaande kleredragreëls geld te alle tye wat leerders in skooldrag geklee is – dus ook wanneer leerders in die dorp of in enige ander openbare plek is.  Geen siviele klere of skoene mag in kombinasie met die skooldrag gedra word nie

Somer
•    Voorgeskrewe blou kortmou/langmou skoolhemp. (slegs by Fertique te koop).
•    Kortmouhemde mag met/sonder ‘n das gedra word. Langmouhemde moet met  ʼn das gedra word.
•    Hemde moet te alle tye ordentlik ingesteek wees.
•    Grys skoollangbroek of grys skoolkortbroek (slegs graad 12’s dra swart langbroeke van dieselfde snit en soort materiaal as ‘n grys skoollangbroek) met ‘n swart onversierde gordel.  Geen “stove pipes”, “bellbottoms”, denims of “bootleg” broeke nie.
•    Geen broeke sonder gordels met “boxer shorts” wat uitsteek nie.
•    Skoollangbroeke moet van normale lengte wees en nie sakkerig op die skoene hang nie.  Broeke moet die regte grootte wees.
•    Grys (gr. 8-11) en swart (gr. 12) kouse sonder karakters of prentjies daarop. Wanneer grys skoolkortbroek gedra word, moet grys knielengte kouse gedra word.  Skoolkortbroeke mag nie saam met ʼn kleurbaadjie gedra  word nie.
•    Swart skoolskoene met veters (plat) – geen skerppunt skoene of platformskoene hoër as 2.5cm of “boots” of groot gespes(gewone Bronx-skoolskoengespes is toelaatbaar) en gekleurde stiksels/versiering is toelaatbaar nie. „Slip-ons“ of „moccasins“ word nie toegelaat nie.
•    Swart kleurbaadjie met skoolwapen.
•    Swart moulose trui met skoolwapen.
•    ‘n Das moet gedra word as ‘n leerder ‘n moulose skooltrui of langmou
    skooltrui aantrek.
•    Skoolhemp en broek moet die leerder pas en nie te groot wees sodat dit
    slordig vertoon nie.
•    Truie mag nie om die heupe/skouers gebind word, tot by die elmboë opgestoot  word, oor die hande getrek word of gate in die moue hê vir die deursteek van duime nie.
•    Seuns loop of staan nie met hul hande in hul sakke nie.


Winter
•    Voorgeskrewe blou skoolhemp.
•    Skooldas - verpligtend.
•    Grys langbroek (graad 12’s dra swart langbroeke) – Geen “stove pipes”, “bellbottoms”, denims of “bootleg” broeke nie.
•    Swart gordel sonder enige metaalversierings
•    Geen broeke sonder gordels met “boxer shorts” wat uitsteek nie.
•    Skoolbaadjie.
•    Swart langmoutrui met skoolwapen.
•    Geen “dri-mac” of skoolsweetpakbaadjie mag gedra word nie. 
•    Swart skoolskoene (soos vir somersdrag)
•    Grys kouse (graad 12’s mag swart kouse sonder karakters of prentjies
    dra).
•    Hemde moet te alle tye ingesteek wees.
•    Slegs effekleur swart serpe en handskoene word toegelaat.
•    Geen “beanies” of musse word toegelaat nie.
•    Geen T –hemde mag uitsteek bo of onder die skoolhemp nie.

Hare, naels en juwele
•    Hare moet die eerste dag van die kwartaal reeds volgens voorskrif wees.
•    Hare moet netjies en kort gesny wees en mag nie oor die hempskraag hang nie.  Kuiwe moet een vinger¬breedte bokant die wenkbroue wees wanneer die kuif afgetrek word.
•    Bakkebaarde mag nie langer as die oorgaatjie wees nie. 
•    Seuns moet daagliks deeglik geskeer wees.
•    Hare mag nie oor die ore hang nie.
•    “Gel” mag gebruik word indien hare korter as 3 cm is.  Slegs die kuif mag effens regop staan.
•    Geen gekleurde of “gehighlighte” hare word toegelaat nie.
•    Geen “dreadlocks” of gevlegte hare  of vreemde haarstyle word toegelaat nie.
•    “Steps”, mowhawk of “undercut” word nie toegelaat nie.
•    Naels moet kort gesny wees.
•    Geen hangertjies, armbande, ringe (body piercing) of tatoeëermerke nie.
•    Geen oor-, neus-, tong- of wenkbrouringe nie.
•    Horlosies (geen versierde bande) en standaard mediese kentekens word toegelaat.  Die leerder moet ‘n mediese sertifikaat toon om die kenteken te regverdig en ‘n afskrif moet in die vooglêer geplaas word.
•    Geen ringe mag gedra  word nie.
•    Slegs lapelwapentjies wat deur die skool uitgereik/erken word, mag gedra
word.

 

GRAAD 12-KLEREDRAG



Die reëls in verband met vasgestelde skooldrag is ook op die matrieks van toepassing.  Wysigings en toegewings kan alleenlik met die goedkeuring van die hoof en die klerekomitee onder voorsitterskap van die adjunkhoof gedoen word.  ‘n Vergunning in die verandering van die skooldrag vir matri¬ku¬lante is net vir daardie groep en jaar geldig en die volgende groep moet ‘n skriftelike versoek aan die adjunkhoof vir ‘n derglike oorweging deur die klerekomitee rig.  Die drag moet voor die Desembervakansie van die vorige jaar gefinaliseer wees.

KLEREDRAG TYDENS EKSAMEN


Die reëls in verband met vasgestelde skooldrag is ook in eksamentye van
toepassing.  Geen sportdrag tydens eksamens nie, tensy vooraf anders gereël is.

KULTUURDRAG
DOGTERS
Soos wintersdrag – geen sweetpakbaadjies of windjakkers nie.
SEUNS
Soos wintersdrag – geen sweetpakbaadjies of windjakkers nie

 

SKOOLSOKKIES


•    Vir alle sokkies wat gehou word, moet eers goedkeuring van die hoof verkry word.  ‘n Volledige beplanning, insluitende die diensdoenende personeel, moet aan die hoof voorgelê word.
•    Leerders mag tydens sokkies net binne die afgebakende gebied beweeg. Die voordeur van die skool word direk na aanvang van die sokkie gesluit. Leerders wat vroëer moet huis toe gaan vra diensdoende personeellid om die deur oop te sluit.
•    Leerders mag onder geen omstandighede op die skoolterrein ronddwaal nie.
•    Leerders mag modieus, maar binne perke aangetrek wees.
•    Grimering binne perke is toelaatbaar.
•    Skoolsokkies is alleenlik vir ons eie leerders.  Indien ‘n dansmaat saamgebring word van ‘n ander skool af (l.w. geen persone wat reeds die skool verlaat het nie, d.w.s ouer as 18), moet die leerder sy maat aan die diensdoende onderwysers kom voorstel.
•    ‘n Leerder van ‘n ander skool mag nie op sy eie na die sokkie toe kom nie.  Vir uitsonderings moet toestemming van die hoof gekry word.
•    Papiere en blikkies van verversings wat tydens die sokkie verskaf word, moet netjies in asblikke gegooi word en nie in die saal of op die skoolterrein nie nie.
•    Geen verversings word in die saal toegelaat nie.
•    Onderwysers sal tydens hierdie funksies aan diens wees. 
•    Die saal moet netjies en skoon gelaat word.
•    Koshuisverlofvorms moet, wanneer nodig, ingevul word

SPORTDRAG EN OPTREDE


Somer:
Swart Ferdie “board short” en Ferdie hempie.
Behoorlike sportskoene met sportkouse(effe swart of wit afhangende van     sportskoenkleur)
Geen modeskoene, „plimsolls“, sandale, of  „slip-ons“ mag saam met sportdrag      gedra  word nie.
Winter:
Volledige Ferdiesweetpak met sportskoene.

 

•    Voorgeskrewe sportdrag MOET Woensdae en vir alle wedstryde gedra word, Geen armbande of ander juwele wat nie deur die gedragskode gespesifiseer word nie, mag by atletiek- of toeskouerdrag gedra word nie.  Dieselfde reëls as vir skooldrag geld vir sportdrag.
•    Sportdrag bv. atletiekhempie (Ferdiehemp) en -broekie en hokkieklere mag alleen gedra word vir oefening en wedstryde.
•    Leerders wat aan sportbyeenkomste vir die skool deelneem, moet in ‘n skoolsweetpak of skooldrag geklee wees as hulle na die byeenkoms/wedstryd reis, of by die wedstryd is.  Deelnemers mag nie denimbroeke na byeenkomste toe dra nie.
•    Toeskouers dra gewoonlik blou Ferdiehempies, swart of blou denimbroeke en tekkies.
•    Elke sportsoort bepaal sy eie sportdrag ( soos goedgekeur deur die klerekomitee) met die algemene gedragskode wat te alle tye in ag geneem word.
•    Onthou elke leerder verteenwoordig Hoërskool Ferdinand Postma.
•    Indien ‘n leerder aan ‘n aktiwiteit deelneem en in ‘n span opgeneem word, onderneem hy/sy en die leerder se ouers dat hy/sy vir al die wedstryde beskikbaar sal wees.  Slegs in uiters buitengewone omstandighede sal so ‘n leerder verskoon word en ook eers nadat die ouers persoonlik die hoof ingelig het van die aard van die omstandighede.
•    Dit is onverskoonbaar indien ‘n leerder net onttrek of wegbly van ‘n optrede of wedstryd en sy span/skool in die steek laat.