Rugby

Virsekerbeker 2019

Ons o/15 span het in die kwarteindrondte van die Virsekerbeker teen

Hoërskool Balfour in Pretoria te staan gekom en 'n wentelling van 27-10 op die telbord gesit het.

Noordwes Kleinskole Liga

2019

Ferdies se eerstespan het met die louere weggestap in wat net as ʼn "naelbytwedstryd” bestempel kon word.

Met ʼn halftydtelling van 7-7 was daar nog baie om voor te speel in die wedstryd.

Christiana het met ʼn strafskop die voortou geneem van 10-7.

Enkele minute voor die einde het Ferdies se heelagter, Tshepo Matlhoko, met ʼn 95-meter onderskepdrie

die wenpunte op die telbord gesit.

Nhlanhla Faku het nie ʼn voet verkeerd gesit met die skopskoen nie en Ferdies het vir die eerste keer

in ons skool se geskiedenis die Noordweskleinskoleliga gewen met ʼn eindtelling van 14-10.

Die o/15-rugbyspan het ook met Christiana afgereken met ʼn telling van 48-12 om die derdeplek in die liga te beklee

en sodende ook te kwalifiseer vir die Virsekerbekeruitspele.

20 Lanyon Street, Potchefstroom

ontvangs@ferdies.co.za

(018) 290 5539

©2019 by Ferdies. 

Proudly created with wix.com 

New Picture.png
  • Hoërskool.Ferdinand Postma.High School
  • hsferdies