Krieket

Die krieketseisoen neem in die derde kwartaal aanvang.  Daar word jaarliks twee spanne in die liga ingeskryf, naamlik ʼn eerste- en ʼn o/15-span.  Die o/15-span neem in die plaaslike A-liga deel en die eerstespan in die provinsiale Super B-liga.

 

In 2015 het die o/15-span baie goed gevaar en meeste van hul wedstryde gewen. 

 

Die eerstespan het vier ligawedstryde gespeel waarvan hulle in drie geseëvier het.  Die span beklee tans die boonste posisie op die punteleer en sal gedurende hierdie kwartaal met die uitspele van die liga voortgaan.