Tans het die skool ‘n O/14, O/15, 2de en 1ste meisiespan, asook ‘n O/16 en 1ste seunshokkiespan. Beide die seuns- en meisiespanne neem deel aan die Potchefstroom Sirkelliga. Me. Speedy Meiring, voormalige Springbokhokkiespeelster, staan aan die hoof van die hokkie. Sy word bygestaan deur Me. Annelize Kruger.

 

  Dogtershokkie

Ferdies se drie dogterspanne het in 2015 suksesvolle seisoen gehad.

 

Die o/14- en eerste span het derde in die Noordwesliga geëindig  en  die o/16-span tweede naas St Conrads.  ʼn Baie geslaagde oefenkamp net voor die aanvang van die liga het bygedra tot die spanne se sukses.

 

Direk na die Noordwesliga het ons dogters weggespring met die Monsanto-reeks.  Die lang busritte en ure van oefen het vrugte afgewerp en die o/16- en eerste spanne is as kampioene in die Monsanto-reeks bekroon. Dit is voorwaar ʼn uitsonderlike prestasie!  Ons eerste dogterspan het ook uitstekend in die somerliga gevaar.

Die skool is met reg trots op Carlinke Joubert wat tot die Noordwesspan verkies is.

 

 

Personeel betrokke:

·         Sanet Mering

·         JD Aucamp

·         Annalise Oppel

 

 

  Seunshokkie

Boys hockey


Die seunshokkiespanne het in 2015 op ʼn positiewe noot begin deur ʼn kursus op ons eie velde by te woon.  Hierdie kursus het ʼn goeie basis vir die res van die seisoen gevestig.

ʼn Gekombineerde seun- en dogterspan het in Maart 2015 aan die somerliga by St. Conrads deelgeneem om die inwyding van hulle nuwe astrobaan te vier.  Hierdie span eindig derde. 

 

Die eerste span het ook in 2015 aan die Noordwes se superliga vir groot skole deelgeneem en vierde geëindig. 

 

Tydens die derde kwartaal het die seuns in die PUK se somerliga waarin die PUK-koshuise se A-spanne deelgeneem.  Hulle vaar besonder goed.

 

Die volgende seuns is in 2015 gekies om Noordwes te verteenwoordig:

                o/18:  Adriaen de Freitas

                o/16:  Hannes Conradie en Justino Lucas

 

Ferdies bedank graag ons borge vir 2015, Mnre. Schmidt en Sooliman.  Sonder hulle ondersteuning sou hierdie seisoen nie so suksesvol kon wees nie.

               

Personeel betrokke:

·         Mev. Gretha Joubert

·         Mnre. Louis Janse van Rensburg

·         Stanley Phillipson (buiteafrigter)

·         Claudio Lucas (buiteafrigter)

 

 

 

Die volgende leerders het Hokkie Noord-Wes spanne gehaal: Carlinke Joubert o/18B , Adrain de Freitas o/18A , Justino Lucas o/16A , Mpho Rampho o/18A , Hannes Conradie o/16A en Reogile Mmolai o/18B.

"We are not little charlie anymore"

 

1 ste Hokkiespan Toer na Nyati-Brits

 

Die 1ste span het baie goed gedoen gedurende die toer en eindig 2de in die finaal.

Shanel Potgieter is aangewys as die mees belowende speler en Aidrianne Bartlett as mees belowende doelwagter.

 

Die span het ook die toernooi se geesbeker gewen!